Kaizen Wealth Life Transformation

  • Increase font size
  • Default font size
  • Decrease font size
Home

Hanna De Lange

n Tydtjie terug het ek besef dat ek die verkeerde drome nagejaag het en dat waar ek was  as gevolg van my eie toedoen was. Ek het besef dat ek bestem was vir iets groter en beter. Hierdie konstante gevoel van onvervuldheid en soeke na antwoorde het my gelei tot die bywoning van Hannes se inligtingssessie soos geadverteer.

Ek het geredeneer dat as daar waarheid was in wat hy gese het dan sou ek n nuwe lewe wen, en as nie sou ek net 9000 rand verloor. So het ek toe die kans gevat en ingeskryf vir die mentorskapprogram waarvan Kaizen deel vorm.
 
Die Kaizen Challenge was vir my n goeie wegspring blok en fondasie vir al die ander kennis wat ek verkry het.
 
Nou weet ek wat my doel in die lewe is. Ek het My Droom gebou en met helder ink ingekleur. Visualisering vorm nou n daaglikse deel van my lewe. Verder kyk ek ook daagliks na my kort en langtermyn doelwitte wat ek geformuleer het om gefokus te bly op dit wat belangrik is.
My persepsie van tyd het radikaal verander. Ek hou my nou net besig met goed wat my nader bring aan waar ek wil wees eerder as met sinlose aktiwiteite. Ek fokus op n konstante en voordurende verbetering op alle vlakke van my menswees. Ek hou my kop en voordeur toe vir negatiewe gedagtes en mense. Ek sien elke uitdaging as n geleentheid om te leer en nog n trappie na bo!
 
Op finansiele vlak het ek beheer geneem, ek het duidelike finansiele doelwitte en is besig met die konstruksie van my eie persoonlike Sisteem om my te kry waar ek wil wees. Belangrikste van alles bele ek eers in myself om sodoende te verseker dat ek al die nodige kennis het as die tyd reg is. Ek is gereed om n Leap of Faith te neem en my vrese te begrawe.
 
Ek poog om self n ekspert te raak en vat die ander sogenaamde eksperts  se raad met n knippie sout. Ek gym ook nou 6 keer per week en het al n hele paar kilogramme afgeskud! Ek poog om slegs klas 1 ervarings te he wat goed is vir my, lekker is vir my, goed is vir ander en goed is vir die Greater Good.
 
Ek is nou meer bewus van my Skepper en sy Engele se teenwoordigheid in my lewe. Ek weet dat ek ondersteuning kry van bo. 
 
Die gesegde van Hannes dat "As jy niks doen gaan niks gebeur nie" het my n realiteitsskok gegee. Ek het besef dat ek altyd baie gedink het maar dat vrese my gekelder het om aksies te neem. Ek weet nou dat ek niemand of niks bevoordeel as ek "klein" is nie. Nou vir die eerste keer in my lewe DOEN ek!!
Hannes, dankie vir wat jy doen vir ander, ek wonder of jy werklik besef wat die effek is van JOU AKSIES!  Ek is geinspireerd en passievol oor die lewe en my toekoms! Ek staan verwonderd by die blote gedagte dat ek enige iets kan bereik, enige iets kan wees wat ookal ek droom kan ek waar maak!


If you like this article, please click on the `Digg` image below. I'd appreciate it!
 

Follow Me

 FB twitter


Testimonial

Paul Potgieter
Ek het hierdie uitdaging met groot skeptisisme begin en die eerste paar dae was baie moeilik want ek wou nie nog 'n taak in my besige dag inpas nie. My dae was oorvol, maar die Kaizen Read more...
2009-06-12
Wealth Insight 2009-06-12 How Wealth Creators think is how they get rich If you want to break through the thinking that says – making money is hard; it takes years; it takes money to make money; it is very risky; it’s winner take all; most people take the gamble and don’t win; and a tiny handful of blessed or lucky or talented or well-connected people take the lion’s share ... ... then I strongly, strongly recommend that you take a look at my... Read more...
Jo Goode
I have always known that I am responsible for my own destiny – if I don’t like the way my life is panning out, only I can change it;  I cannot expect anybody else to do it for me. The big question for me was how?   I had been searching for something for so long, with the feeling that if I kept on looking eventually Read more...
Clinton Meyer
Thank you Hannes for the opportunity to participate in the Kaizen Challenge. One of the biggest realizations for me on the course was just how influential my thoughts are in determining what my course of action in life is. Read more...
Richard Daguiar
MY INTENTION IS THAT YOU (HANNES) AND YOUR WIFE FEAST ON THE BELOW, AS THIS IS WHAT YOU HAVE DONE FOR ME, MY FAMILY AND EVERYONE WE INFLUENCE….. ENJOY ! BEFORE Kaizen Challenge I had invested heavily in myself and am a student of Antony Robbins. I took his advice which stated…”Find a Financial Guru, and role-model him” I took his advice and in late 2004 I started doing your training and this has Read more...