Kaizen Wealth Life Transformation

  • Increase font size
  • Default font size
  • Decrease font size
Home Success Stories Albe Basson

Albe Basson

Ek het baie getwyfel oor of ek die kursus moet aanpak of nie, die geld was skraps en ek sou dit sekerlik op ander maniere beter kon aangewend. Maar nadat ek ‘n paar maande uitgestel het, met net ‘n drukstuk in my dagboek-stelsel, het ek op laas oë toegeknyp en ingeskryf, vinnig die geld elektronies inbetaal en sie daar, ek kon begin. Glo my dit is nie my eerste selfhelp kursus nie, so ek was aanvanklik maar skepties.

Jy het nie gesê dit gaan maklik wees nie, jy het wel gesê daar is geen kort paaie nie. En om soggens vroeër as gewoontlik op te staan om die taak deur te werk en die huiswerk te doen, het ook sy deel geëis. Maar vandag is ek ‘n beter mens.
 
Ek is van nature ‘n militaris, maar om die een of ander rede het my dissipline die afgelope paar jaar getaan, met die gevolg dat ek nie meer so getrou die basiese dinge gedoen het in my werk, soos ek destyds gewoond was nie, en wat my sukses moet verseker het nie.
 
Maar met Kaizen, het ek elke dag, een dag op ‘n slag, voetjie vir voetjie, my kop en voete opgetel en vorentoe beweeg, en stadig maar seker begin ek sien hoe die sukses inrol.
 
Ek was op die punt om my werk te verloor, maar deur elke dag bietjie vir bietjie te verbeter sien ek ‘n blink toekoms vir my en my gesin. Ek glo in visualisering en het genoeg ervaring en ondervinding daarvan om te weet dat dit werk. So nou doen ek my daaglikse oefening. Ek het al die lesse uitgedruk en hou dit op leêr naby my en as ek ‘n blaaskans kry loer ek daarin, herinner ek my weer aan die dinge wat saak maak.
 
Ek lees nou weer daagliks Bybel, doen daagliks oefeninge, en fokus op als wat positief is en met groot dankbaarheid in my hart oor almal en alles wat my lewe aangenaam maak.
 
In les 49 het ek gesê ek begin nou weer van vooraf, want dit is net onmoontlik om alles in 49 behoorlik te absorber, en so hou ek aan met groei.
 


If you like this article, please click on the `Digg` image below. I'd appreciate it!
 

Follow Me

 FB twitter


Testimonial

2010-01-01
Wealth Insight 2010-01-01 Something to stick on your fridge No, it’s not a fat photo. It’s a list of some health basics that, if you follow them in 2010, can make a lifelong difference to your health. As always the truth is very simple yet somehow a great surprise. Here goes! Margarine is not a health food. Nor is any processed supermarket cooking oil. Your best bets are olive oil, coconut oil and believe it or not, saturated fats like butter. Processed carbohydrates like... Read more...
Johan Cloete
If I can describe it in this way what the Kaizen Challenge has meant to me. Previously in my life it felt like I was work in the change room of the bokke cleaning their boots for them and working hard for them. In Kaizen challenge I have started to see that I am part of the bok team and I am starting to run out of the tunnel and seeing the daylight, the field and Read more...
Marius Van Wyk
  I want to take this opportunity in thanking you for your efforts in making it easy (simple) for us in taking responsibility for our success/future by creating mediums eg the Kaizen Challenge.   In my specific case, I want to go back in the past and not only focus on the Kaizen Challenge. As is the case with a lot of other students, I met you some time ago and since then subscribed to all your seminars, training courses, DVD’s, E-books, software, programmes, fire-walking... Read more...
Adele Dreyer
One thing that I realized is that this challenge will never stop for me. Up to now it has been very exhilarating and I know that a new day is dawning. My thought process has developed and improved tremendously, I’m able to actually listen to people and it is incredible how much negativity there are out there and the worst is that I can see people thrive for it, as Julius Ceasar said " Lend me your ears" it seems that the human race is queuing to do this and all bad news puts... Read more...
Chris Hoogendyk
‘n Promosie gesprek op die radio wat Michael Meyer met ‘n ene Dr. Hannes Dreyer gehad het, het my baie geïntereseer. Wat in die gesprek gesê was is 100% in ooreenstemming met my eie sieninge, ondervindinge en oortuigings. Ek het twee vriende genooi om saam die seminaar Read more...