Kaizen Wealth Life Transformation

  • Increase font size
  • Default font size
  • Decrease font size
Home Success Stories Chris Hoogendyk

Chris Hoogendyk

‘n Promosie gesprek op die radio wat Michael Meyer met ‘n ene Dr. Hannes Dreyer gehad het, het my baie geïntereseer. Wat in die gesprek gesê was is 100% in ooreenstemming met my eie sieninge, ondervindinge en oortuigings.

Ek het twee vriende genooi om saam die seminaar by te woon, die een het vooraf besluit hy weet wat gesê gaan word en dis nie vir hom nie. Ironies is hy ‘n finansiële beplanner, makelaar en belê hy ook in residensiële eiendomme. Na die seminaar was my ander vriend ook nie so positief oor die praatjie nie. Hy het net van tevore sy eerste eiendom vir beleggings doeleindes gekoop, volgens my gebaseer op emosie.
Ek het baie gehou van wat ek gehoor het, alhoewel ek nie seker was of die spreker nie dalk ‘n opperse swendelaar is nie. Ek het vir ‘n tweedekeer na die praatjie gaan luister en die DVD gekry en gekyk. Ek kon niks fout find nie en het besluit om die kursus met al die studie materiaal te koop, want wat as die ou werklik die antwoorde het en ek laat die geleentheid deur my vingers glip?!
Die eendag "Mentors" werkswinkel wat ek kort daarna bygewoon het was puik. Die aand was daar ‘n geleentheid om ‘n pyl teen jou eie keel te breek, wat ek gedoen het. Die loop oor die warm kole het ek egter nie gemoedsrus oor gehad nie.
Ek wou egter nie uitmis op die opbou van selfvertroue wat die kole lopery blykbaar bied nie. Met die het ek besluit ek sal ‘n sweeftuig vlug onderneem en gaan valskerm spring. As die loop oor warm kole, wat op die ergste net jou voetsole blase kan laat brand, jou selfvertrou kan bou, dan sal iets wat, sou daar fout gaan, jou lewe kan eis, sekerlik die selfde en meer kan vermag. So gesê, so gedoen. Die adrenalien storm deur die are is erg, maar die gevoel van bereiking na die tyd is baie lekker. Gedurende die sweeftuig vlug is ek die geleentheid gegun om self te vlieg, dit is onvergeetlik lekker en ek sal nog my eie vliegtuig besit! 
Ek het menigte boeke oor besigheid of self-ontwikkeling gelees en het baie kursusse en seminare bygewoon en heel tereg stel die inleidende paragraaf van die "Kaizen" uitdaging dit dat al die boeke en seminare vir jou sê wat jy moet doen, maar nie sê hoe nie en dit bied ook nie vir jou ‘n voertuig om dit te bereik nie.
Die "Kaizen" uitdaging was verfrissend en bied ‘n eenvoudige en praktiese stelsel om goeie gewoontes vir sukses aan te leer. Soos vir almal was daar vir my ook maar die uitdagings van ‘n groot werkslas en verpligtinge, en net om dinge interresant te maak, word eers die elektriese kragkabels en daarna die Telkom lyne gesteel met die gevolg dat daar geen internet toegang aanvanklik was nie. Die telefoon lyne is tot op hede nog nie vervang nie.
Na die 49 dae uitdaging gaan ek nog steeds voort met die stelsel.
Liggaamlik het ek my doelgewig bereik en ek hou aan om fisies en geestelik te verbeter.
Die meditasie maak dat ek daagliks meer gefokus werk. Ek was lank laas so positief en optimisties gewees.
Eiendom beleggings was egter altyd ‘n onbekende grys area vir my en ek het daar uitgebly. Die eiendoms kursusse is egter puik en bemagtig ‘n mens werklik. Met dié kennis en die "Property pro" program kan enige iemand met sekerheid die eiendomsmark betree. Ek wil die program leer gebruik om besighede te evalueer om besighede te kan koop en op te bou.
Ek weet nou verseker sukses is absoluut voorspelbaar en ‘n lewe van oorvloed beslis moontlik vir enige iemand wat self verantwoordelikheid vat en bereid is om die resep van sukses te leer en toe te pas.
Baie dankie Hannes vir dit wat jy doen, dit word waardeer. Ek weet ek gaan dit maak as ek die lewe en gesondheid hou


If you like this article, please click on the `Digg` image below. I'd appreciate it!
 

Follow Me

 FB twitter


Testimonial

Theuns Vermaak
I signed up because I wanted to make sure that I did not miss out on anything that could be of value to me, and because of the title which said “Challenge”. I love challenges as well as challenging the status quo, actually, anything that Read more...
Richard Daguiar
MY INTENTION IS THAT YOU (HANNES) AND YOUR WIFE FEAST ON THE BELOW, AS THIS IS WHAT YOU HAVE DONE FOR ME, MY FAMILY AND EVERYONE WE INFLUENCE….. ENJOY ! BEFORE Kaizen Challenge I had invested heavily in myself and am a student of Antony Robbins. I took his advice which stated…”Find a Financial Guru, and role-model him” I took his advice and in late 2004 I started doing your training and this has Read more...
Deborah Cooper
Wow, what an incredible journey!  I started the challenge during a very busy time in my life, but I decided to start when I received the email about it instead of putting it off until a ‘quieter’ time because there probably would never be a ‘quieter’ time and I didn’t want Read more...
Waldi van der Merwe
Taking more responsibility in all aspects of my life, this has meant a great deal for me and my family. I look at a problem as an opportunity and can even now after a heated discussion put my hand out and shake the other parties hand and feel at ease with myself. I can see that people do not put in the time to work on them self’s and that is why they Read more...
2009-10-16
Wealth Insight 2009-10-16 Find more money every month! Most information that comes our way is advertising, direct or indirect. This is true in the schoolroom and the lecture hall. It’s true in the doctor’s rooms and over coffee with your financial consultant. But it’s ruinously expensive in the long run. Even if your consultant picks up the bill for the coffee! Relying on information that comes to us, keeps us in debt It keeps us in poor health. It keeps us tied to... Read more...