Kaizen Wealth Life Transformation

  • Increase font size
  • Default font size
  • Decrease font size
Home Success Stories Cornel Van Der Merwe

Cornel Van Der Merwe

Baie dankie vir jou entoesiasme, werkywer, energie en openhartigheid. Ek het die 49 lesse baie geniet en is regtig spyt dat die geskrewe gedeeltes nou gaan ophou. Die 5 jaar weeklikse lesse is goed, maar h/d soort van gedagtes geniet ek geweldig baie!

Dit was vir my ‘n uitdaging om dit vol te hou. Ek maak wel die meeste dinge in my lewe klaar, maar die elke dag se dissipline vir so’n lang tydperk was vir my ‘n strek!
 
Soos reeds gesê het dit my uit my soort van dwaal nadat ons van Engeland teruggekeer het, gekry. Ek het myself so half getroos dat as ek my eie frekwensie hoog hou sal dinge na my toe kom soos wat dit moet. Ek was verseker in soort van ‘n uitbrand situasie, maar ook, soos dit my lyk jy ‘n klompie jare terug was, moeg vir die wan persepsie van die biomediese model. Die feit dat jy so uitgesproke is teen die ouens in jou veld het my beslis ook meer stamina gegee om voort te gaan op die weg van die sg. alternatiewe genesing van energie vibrasie wat natuurlik hoegenaamd nie alternatief is nie, maar die enigste manier!! Ook ‘n bietjie moeg van “dien”. Freek, my man is ‘n predikant, alhoewel hy amper 10 jaar saam met my in die praktyk werk en slegs deeltyds uithelp in gemeentes. Maar mens raak moeg van mense en hulle dinge! Ek is besonder geïnteresseerd in die internet as ‘n medium om heling mee te sprei en sal bly wees as jy my dalk met so’n paar idees oor die praktiese hantering daarvan, mee in aanraking sal bring.
 
Wat baie interessant is, is dat ek ‘n kursus om as opleier in die sg. Imago pareterapie saam met my seun wat dit al lankal doen, begin het en dit strek oor 3 weeklange opleidings wat einde Desember voltooi sal wees. Ek was taamlik sku vir nog opleidings en jy sal dit verstaan as jy my CV sien!
 
Verder ook die eerste deel van ‘n 3 been opleiding in ego staat hipnoterapie gedoen by die Milton Erickson (die ou ‘boffin’ in hipnoterapie) Instituut .Aanvanklik gedink ek doen dit net vir Voortgesette Onderwys punte, maar was op die ou end baie beïndruk omdat hulle die ego state sien as energie velde wat gevorm word van vroeg af en eintlik maar net jou storie is wat jy opmaak (skep met jou gedagtes ) en dat mens dan dissosieer in h/d state. In Veelvuldige Persoonlikheid Versteuring (die ergste vorm van dissosiasie) weet die verskillende state dan glad nie van mekaar nie. Ek het met 5 van my state gewerk en die een wat die meeste gedissosieer was, was my psigiater rol wat ek glad nie weer voor kans gesien het op die ou manier nie! Op ‘n baie vernuftige manier het die aanbieder die deel weer geïntegreer sodat ek kreatief kan aangaan en dit geniet! Ek oorweeg ‘n PhD in Ego Staat terapie omdat ek dink die meeste leeswerk het ek eintlik al reeds gedoen en miskien kan ek bietjie die wêreld toer hiermee!
 
Ook gaan ek vir 2 weke na Duitsland vir Byron Kate se “The Work” opleiding wat sy op ‘n baie eenvoudige manier mense help om die waarheid in die moment as die werklikheid te ervaar en in die moment “mindful” te bly. Haar eerste boek wat ek moes deurlees is dan ook getitel “Love what is” en die 2e een waarmee ek besig is “A Thousand names for Joy”.
 
Dus het jy my in 3 opleidings en hervatting van my psigiater rol ingeblaas! En bg is die rede hoekom ek Hannes Dreyer se weeklikse werksopdragte nog nie voltooi het nie. Dit sal nog gedoen word!!
 
Twee boeke wat jy asb moet lees as jy nog nie het nie is “The Field “ en die “Intention experiment” van Lynn Mactaggert. Dit verklaar vir my die veld waarin mense soos jy wat met “mind” geld in energie laat verander of Brandon Bays wat haar eie kanker genees, inskakel. Jy moet deel word van hulle wêreld wye “Intention xperiment” (www.intentionexperiment.com)
 
Waarmee ek gesukkel het was met die liggaam gedeelte. Te koud gekry om my oefeninge vol te hou en nie regtig massa verminder nie. Tog volgehou en na die hipnose en die lees van “Conscious Health” van Ron Garner gaan dit baie beter. Amper 10 kg af gegooi (inspanningloos), stap gereeld ens.
 
Wat ook opvallend was, was dat my verhoudings regtig vir my grotendeels heel voel en dat ons het soveel gereedskap om daarmee te werk dat ek dink regtig ek sien almal met onvoorwaardelike liefde aan en weet dat ons eintlik maar almal een is.
 
My dae is nou meer betekenisvol gevul (soos blyk uit bg.). Nooit eintlik TV gekyk of koerant gelees nie, maar doen dit nou glad nie. Mediteer daagliks in die oggend. Nog nie jou meditasie op die Onse Vader bestel nie.
 
Ek gaan daagliks na my doelstellings kyk, maar ook gedagtes soos wat ek dit in die Kaizen uitdaging neergestip het, langsaan invoeg. Reeds daarmee begin. Daar was tog ‘n mate van gedissiplineerdheid nodig elke dag, maar ek was natuurlik elke dag nuuskierig om te sien waaroor jy geskryf het. Ek dink tog ek is nou gemotiveerd en gekondisioneerd genoeg om dit vol te hou. Die feit van die doelstellings wat mens na ‘n ruk agterkom dat hulle gemanifesteer het en mens dit kan afmerk het my baie gehelp. As dit nie op skrif was nie, sou mens dit nie bewustelik geweet het nie. En natuurlik ook jou voorbeeld bly ‘n aanmoediging en ‘n inspirasie. Ek gaan ook my lesings oor Powermorphing en al 49 dae weer deurlees en oordink.
 
Wat vir my baie goed was, is om te sien hoe jy die saak van dat ons is eintlik God en skep ons eie werklikheid en dat Hy nie buite ons is nie, vanuit jou eie geloof hanteer het. Ek het vir lank gehuiwer om dit openlik te sê!
 
My droom is om getrou aan my Godgegewe roeping lig, heling en groei te help versprei, maar op ander en meer kreatiewe maniere as wat ek dit vroeër gedoen het. Dink nogal aan so iets soos ‘n Health Creator, wat natuurlik dieselfde is as Voorspoed waarmee jy werk, net miskien ‘n ander invalshoek. Ek is nou weer gemotiveerd om te doen en om te dien.


If you like this article, please click on the `Digg` image below. I'd appreciate it!
 

Follow Me

 FB twitter


Testimonial

Chummy Visser
The Kaizen Challenge really opened my mind to understanding how we are living other people dreams for ourselves. How we have stopped thinking and questioning what is being spoon fed to us. We are living in fear and confusion Read more...
Henrico Hanekom
When I started the Kaizen Challenge course I didn’t even have a clue as to what the term “Kaizen Challenge” meant. I searched the internet and found out that the Japanese word meant continual improvement. The “challenge” part only struck me around Day3 in the course. I realized that this information is not just about money but really about everything in my life – about changing my very being at Read more...
2009-08-07
Wealth Insight 2009-08-07 When instinct seems to fail Last week I gave you an example of when instinct saves the day. How people who stay connected to their inner voice of truth so often get it right. But sometimes split-second decision-making goes wrong. How can that be? Example 2: Let’s look at the next example. The movie Crash is a very thoughtful movie, building on Spike Lee’s Do the Right Thing. The point is to show that racism is complex. It makes people who do not think of... Read more...
Willem Rossouw
Die kaizen wealth uitdaging is iets wat ek al lankal moes gedoen het. Ek is "n regte boertjie wat moeilik leer maar dan onthou vir altyd. Om die daaglikse eentonige roetine te verander vir die groter goedheid is die grootste uitdaging wat enigeen kan aanpak.   Ek het nog nooit ingesien hoe nietig en klein Read more...
2009-07-10
Wealth Insight 2009-07-10 Why is it so hard to keep it simple? In my experience, everything worth knowing in life is simple. Why then do our teachers and the media make it so complicated? I think there are several reasons: desire to keep valuable knowledge to yourself an agenda to mislead others so that you can profit In my opinion, these stem from fear of scarcity (the myth that there is not enough to go around). But perhaps the greatest reason of them all is ignorance Which comes... Read more...