Hier is my opdrag vir die Kaizen uitdaging les 49.
Ek glo dat jy dit seker in Engels sou verkies, maar alhoewel ek goed tweetalig is, sal ek nie reg aan die opdrag kan laat geskied as ek dit nie in Afrikaans doen nie. Ek weet jy verkies dat dit nie minder as 400 woorde moet wees nie en indien ek dit nie maak nie, sal dit bloot wees omdat
ek niks meer te se het nie. Ek gaan nie “gorrel” nie want wat ek skryf kom uit my hart.
Nadat ek die eerste les twee keer deurgelees het, het ek dadelik besef ek is besig met iets waarvan ek meer wil weet. Min het ek geweet wat vir my wag.
‘n TSUNAMI is baie na aan die korrekte beskrywing, met alle respek.
Ek dink elke mens ervaar meer as een keer in hulle lewens tye van geluk en
ongeluk, vreugde en smart, mooi en lelik, goed en sleg. Kom ons noem dit
maar HOOGTEPUNTE en LAAGTEPUNTE.
Die Kaizen Uitdaging was die hoogtepunt in my lewe wat ek vir niks anders
sal verruil nie, en nooit in my lewe sal vergeet nie. Ek sal ook nie kan nie
want die verandering wat dit, as ‘n uitmuntende KLAS 1 ervaring in my lewe
asook in die lewens van my geliefdes veroorsaak het is vir my so kosbaar dat
ek dit sal vasgryp en bewaar selfs tot in die hiernamaals indien dit
moontlik sou wees.
Op Sondag 17 Februarie het ek saam met my familie in Pretoria hierdie
wonderlike gebeurtenis gevier waar Hettie my liewe vrou met die mooiste
gebaar my as ons “nuwe” man, pa, skoonpa en oupa voorgestel het! Ek het dit
so waardeer!!!!
Wat ek geleer en ervaar het , het my uitgelig uit die moeras van skyn waarin
die massas vasgevang is. Ek voel opgehef, maar nie verhewe bo ander nie. My
pad van verandering het maar net begin en ek sien uit na die reis wat vir my
voorle saam met my geliefdes, maar boweal saam met die God wat vir my
hierdie deur oopgemaak het.
Hannes, aan jou ook my opregte dank, waardering en eerbied vir hierdie
wonderlike taak wat jy as doelwit in jou lewe gestel het om andere te help.
Vir my is dit ook ‘n hoofdoelwit wat ek met haastigheid sal najaag. Ek
bewonder ook jou eie gesin wat so toegewyd aan jou ondersteuning gee in
hierdie geweldige “opdrag” Mag julle geseend wees met al die kwaliteite en
vereistes wat van julle verwag word.
Mag ek afsluit met hierdie GROOT waarheid:
MY LEWE IS GOD SE GESKENK AAN MY
WAT EK DAARMEE DOEN IS MY GESKENK AAN GOD
If you like this article, please click on the `Digg` image below. I'd appreciate it!




