Kaizen Wealth Life Transformation

  • Increase font size
  • Default font size
  • Decrease font size
Home Success Stories Piet du Preez

Piet du Preez

Sewe maal sewe = 49 dae om ‘n lewe te red…

My dae was gevul met die najaag van klas 3 ervarings; soos ‘n hond wat sy eie stert jaag het ek van die oggend tot die aand my sinnelose lewe nagejaag en in die proses my werklike welfaart en geluk begin verloor.
 
Gelukkig het die Here gekom en my tot in my fondamente geskud om my sluimerende gees wakker te maak vir ‘n lewe van oorvloed en welfaart saam met my vrou.
 
Net voor ek die res van my ervaringe van die afgelop 49 dae met jou deel moet ek net dit duidelik maak wat ek geleer het wat welfaart vir my beteken. Welfaart is om saam met my vrou te kan wees, om met haar te kan gesels, om by haar te kuier, om saam kos te maak en te kan geniet, om saam met haar huistakies te verrig, om saam met haar goeie musiek te waardeer, om saam met haar te oefen, om saam met haar die lewe te kan ervaar. Sy is die wonderlikste mens op aarde en ek het haar amper verloor.
 
Die volgende veranderinge het plaas gevind:
 
1)      Spiritueel: Die Here was ons genadig gewees en het ons harte gevul met die Heilige Gees. Dankie Here vir U genade.
2)      Verhoudings: My verhouding met my vrou, met wie ek die afgelope 6 jaar getroud is, is van voor af weer versterk deur God se ganade. Dankie Here.
3)      Verhoudings: Ek het meer waardering vir my familie & vriende. Dankie Here.
4)      Verstand: My gees is bevry om in beheer te wees van my liggaam en is daarop gerig om my gedagtes positief te rig op klas 1 ervaringe. Dankie vir U wysheid Here.
5)      Gesondheid Ek het opgehou om sjokolade en chips te eet. Ek het 200 – 300g sjokolade per dag ge-eet en ten minste ‘n groot pak chips. Verder het ek 4kg verloor en ek het saam met my vrou begin oefen. Sy ondersteun en help my baie. Ons volg nou saam ‘n gesonde dieet. Dankie Here dat ons gesond kan wees.
6)      Finansieel: Ons is aktief besig om in ons self te investeer om meer te leer oor welfaartskepping. Ons uitgangspunt is dat geld net ‘n middel tot ‘n doel is en ons doel is om saam meer tyd te kan spandeer om die lewe saam te kan ervaar en met makaar te kan deel. Dankie Here vir die oorvloed wat U aan ons voorsien. Ons het meer as genoeg om van te lewe.   Dankie Here vir ons daaglikse brood.
 
Hannes, ja jy as instrument van God speel ‘n belangrike rol in die geheel van dinge. Alle voorspoed met jou “opdrag”.


If you like this article, please click on the `Digg` image below. I'd appreciate it!
 

Follow Me

 FB twitter


Testimonial

Linda Smith
At the end of last year (2006) I made a big decision to resign from my job. Realizing that this was my only form of stable income the decision was not an easy one. One of the reasons for making this decision was that Read more...
Rika Geyser
  I saw what a difference The Challenge made to my brother’s life. Not necessarily financial, although it is going well in that department. It is difficult to really pinpoint the real difference – it just looks like everything flows. I did The Challenge with sport in my mind. Read more...
Johan Van Der Merwe
WOW!! Hannes, this is what I have to say. Absolutely mind blowing. I have done your Powermorphing seminar in 2006, but have always struggled, as if something was missing. I am sure that Read more...
Thinus Bothma
Kaizen Challenge, a journey that almost began and ended up in disaster. Today I have entered the creative plane of thought and became a citizen of another Kingdom.   Entered challenge on 21 Dec (HD office was closed and I was desperate to enter – Lilo came to my rescue). 4 days later I was hospitalized for a week (appendix). My wife downloaded the daily lessons Read more...
Mikaeel Gengan
I have realized that "I" am the key to my destiny.  No one else.   I can do whatever I want to, whenever I want to and with whom ever I want to. There should be nothing that stops me from it or disables me from doing, giving, having and Read more...