Die kaizen wealth uitdaging is iets wat ek al lankal moes gedoen het.
Ek is "n regte boertjie wat moeilik leer maar dan onthou vir altyd. Om die daaglikse eentonige roetine te verander vir die groter goedheid is die grootste uitdaging wat enigeen kan aanpak.
Ek het nog nooit ingesien hoe nietig en klein
elkeen van ons is nie. Die eie "EK" is tipies afrikaner en status is in elk geval nie belangrik nie.
My uitdaging aan almal is om iets te doen al is dit klein om ons erfenis te bewaar vir ons nageslagte. Stop die verwaarlosing van ons damme en riviere en die MOOI van alles.
Hannes baie dankie vir die wakkerklap wat ek geleer het die laaste 7 weke en die wete dat elkeen van ons iets kan doen om die wereld beter te maak al is dit net "n klein bietjie op "N keer.
Die ideaal sal wees as elkeen van ons "WEALTH CREATORS" kan wees en probeer om na die ideaal te streef.
My lewe het nou "n ommekeer gemaak en van nou af gaan ek en my familie net vorentoe.
Met die grootste liefde.
WILLEM
Ek is elke dag besig met klein veranderings vir die beter myself en my gesin. Ek weet dit is nooit te laat om te leer en ons lewens is vol verwagtings en propvol uitdagings. Ek is besig met die ander uitdagings soos die formula for riches en die basic property guide. Ek gaan nou die grondslag le vir my kinders om vroeg te begin met helder denke en die regte denkvermoe.
Een van my grootste uitdagings is om gedudig te wees want ek wou nog altyd onmiddelik resultate he. Ek is al klaar n beter mens en begin elke dag met n glimlag.
Baie dankie aan hannes en jou span. Mag DIE HEER julle ryklik seen.
If you like this article, please click on the `Digg` image below. I'd appreciate it!




